Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die afgelope naweek het kerkleiers en gemeentlede van 50 verskillende gemeentes in die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika (AGS) se SWD streek byeengekom om die kerk se 110de bestaansjaar te vier.
Feesvieringe van hierdie mylpaal het deur die loop van 2018 individueel in verskillende kerkstreke landswyd plaasgevind.
Die feesvieringe, waartydens verskillende predikers, dansgroepe en gospelsangers opgteree het, het Vrydag 'n aanvang geneem en ten einde geloop met 'n spesiale feesdiens wat op Sondag in die Family Worship Church, Alhofrylaan gehou is.
Tydens Saterdagaand se lofprysingsbyeenkoms by die Laerskool Hartenbos se skoolsaal, is kerkleiers vereer vir hulle toegewyde diens aan die geloofsgemeenskap.
Tydens die byeenkoms, het lofdansers en 'n lofpryingspan, saamgestel uit sangers uit die verskillende gemeentes bygedra tot 'n besonderse atmosfeer van aanbidding.
Kerkleiers verteenwoordigend van die 50 gemeentes in die streek het die feesvieringe bygewoon.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'