MOSSELBAAI NUUS - Na die suksesvolle ope dae vir elektroniese afval, gevaarlike huishoudelike afval asook asbesverwydering, word die volgende geleenthede waar hierdie diens deur die munisipaliteit aangebied word, op 7 en 8 Desember in onderskeidelik Mosselbaai en Groot-Brakrivier gehou.
E-afval asook gevaarlike huishoudelike afval word gratis verwyder. Tydens die vorige geleenthede vir asbesverwydering, is 3.5ton asbes verwyder.
Die munisipaliteit het hierdie proses gefasiliteer teen 'n baie billike prys vergeleke met 'n privaat diensverskaffer.
Die ope dae is vanaf 09:00 tot 14:00. Vir meer besonderhede, skakel 044 606 5000 en versoek om met die departement afvalbestuur te gesels.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'