MOSSELBAAI NUUS - Familie, vriende en kollegas sal op Vrydag, 22 Januarie in die Stadsaal van Mosselbaai-munisipaliteit se senior bestuurder: strate en stormwater, Pieter Myburgh afskeid neem na hy vroeër weens Covid-verwante komplikasies oorlede is.
Weens die inperkingsregulasies word slegs 50 persone in die Stadsaal toegelaat en dié sitplekke is reeds gereserveer.
'n Motoroptog vertrek om 15:15 vanaf die Stadsaal om hulde te bring aan Myburgh.
Raadslede, Munisipale Bestuurslede, kollegas en vriende word genooi om 'n laaste eerbetoon aan Myburgh te bewys deur aan die motoroptog-huldeblyk deel te neem wat vanaf die stadsaal sal vertrek en om die Punt tot by sy woning sal gaan.
Die motoroptog vertrek stiptelik om 15:15 vanaf die parkeerarea by die stadsaal.
Motoriste in die middedorp wat nie aan die motoroptog deelneem nie word gevra om geduldig te wees.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'