GLENTANA NUUS - AfriForum het op Dinsdag 17 Mei ’n buurtwag in Glentana gestig. Hendrik Visser is die buurtwagleier met Elma Visser, Tiaan Boshoff, Cobus Huisamen en Daniel Thiele op die bestuur.
Volgens Visser kan die beveiliging van ’n gebied nie in silos bedryf word nie en die Glentana-buurtwag sluit hom hiermee aan by ’n netwerk van AfriForum se plaaslike strukture.
Hy sê AfriForum glo daarin dat alle veiligheidsrolspelers moet saamwerk aan ’n gemeenskaplike doel en vat hulle graag hande met die groter gemeeskap van Mosselbaai en omliggende areas om dit te beveilig.
“Die veiligheidsuitdagings wat ons gemeenskappe deesdae in die gesig staar vereis dat ’n buurtwaglid toegerus is met die nodige kennis om met selfvertroue op te tree en goeie besluitneming aan die dag te kan lê.
"Ons het ’n uitgebreide opleidingsprogram en sal dus spoedig daarmee afskop,” sê David Olivier, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap.
Om betrokke te raak by AfriForum se veiligheidstrukture, SMS “Buurtwag” na 45353 (R1).
'Ons bring jou die nuutste Glentana, Tuinroete nuus'