MOSSELBAAI NUUS - AfriForum se Mosselbaai-tak het op Saterdag, 10 September, in samewerking met die Mosselbaai-munisipaliteit, 21 koorsbome in die park by Apiesdoringstraat in Heiderand geplant.
Volgens die voorsitter van die AfriForum-tak, Louis Cook, is hulle baie dankbaar dat die burgemeester, Dirk Kotzé en raadslede Mark Furness en Leon van Dyk en direkteur Elize Nel, die boomplant-geleentheid ondersteun het.
"Ons dank ook aan die munisipaliteit wat die gate vir die 21 bome voorberei het en gehelp het om van die bome voor die tyd te plant".
Die burgemeester, raadslede en lede van AfriForum het tydens die geleentheid vier boompies seremonieel geplant.
Raadsheer Kotzé het tydens sy toespraak beklemtoon dat die plant van bome 'n belegging vir die toekoms is en dat samewerking tussen gemeenskapsgroepe van die uiterste belang is
Volgens Cook, is die Apiesdoringstraat Park een van die munisipaliteit se opgraderingsprojekte en het AfriForum ook in 2019 en 2020 bome daar geplant.
Hy vervolg, "Die plant van 'n boom is 'n belegging in die toekoms, min van ons wat Saterdag bome geplant het, sal die voorreg hê om eendag in die skadu daarvan te sit".
Burgemeester Dirk Kotzé, raadslede Mark Furness, Leon van Dyk en direkteur Elize Nel by die AfriForum boomplantgeleentheid.
AfriForum-lede, burgemeester Kotzé, en raadslede by die boomplantseremonie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'