Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - AfriForum het 'n nasionale projek, Bokse vir Boere geloods om die boere in nood, asook Vrystaatse boere wat skade vanweë onlangse brande gely het, by te staan.
AfriForum Mosselbaai het van Dibiki- vakansieoord as versamelpunt vir skenkings gebruik gemaak .
Vredebest Vervoer het op Vrydag, 30 Oktober die kartondose gratis opgelaai en na George vervoer.
Die George-vrag, asook 'n vrag vanaf die Oos-Kaap is na Pretoria vir verspreiding vervoer.
Louis Cook, voorsitter van AfriForum Mosselbaai het die gemeenskap van Mosselbaai vir hul bydraes om die boere te help, bedank.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'