Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - AfriForum het 'n nasionale projek, Bokse vir Boere geloods om boere in nood, asook Vrystaatse boere wat skade gely het vanweë onlangse brande, by te staan.
Afriforum Mosselbaai het van Dibiki Vakansieoord gebruik gemaak as versamelpunt vir skenkings.
Vredebest Vervoer het vandag, 30 Oktober die kartondose gratis opgelaai en na George vervoer.
Die George-vrag, asook ‘n vrag vanaf die Oos-Kaap, word na Pretoria vervoer vir verspreiding.
Louis Cook, voorsitter van AfriForum Mosselbaai, het die gemeenskap van Mosselbaai hartlik bedank vir hul bydraes om die boere te help.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'