MOSSELBAAI NUUS - Afriforum se Mosselbaai-tak onder leiding van Louis Cook het die Mosselbaai-munisipaliteit en verskeie instansies verlede Donderdag, 31 Oktober genooi na 'n geselligheid by die Koswerf Restaurant in Hartenbos.
Die geselligheid is gereël om die instansies te bedank vir hul uitstekende diens aan die gemeenskap en hul samewerking met die plaaslike AfriForum tak.
In sy toespraak het Cook die Mosselbaai-munisipaliteit uitgelig as 'n instansie wat gehalte diens aan die gemeenskap lewer. Louis en Kobus Neethling het aan die munisipale bestuurder adv Thys Giliomee en waarnemende burgemeester, raadsheer Dirk Kotze 'n sertifikaat oorhandig namens AfriForum Mosselbaai.
In sy antwoord op die ontvangs van die sertifikaat het raadsheer Kotze AfriForum bedank vir die ongelooflike taak wat die organisaise verrig.
Hy het hulle geloof vir hulle bydrae tot die gemeenskap. Raadsheer Kotze het AfriForum ook geprys vir hulle vrymoedigheid om met die munisipaliteit te kom praat as daar probleme is.
AfriForum het ook 'n sertifikaat oorhandig aan die Mosselbaai-gemeenskapspolisieforum (GPF) vir hul uitsonderlike bydrae tot die gemeenskap.
Kobus Neethling het die GPF van Mosselbaai bedank en geloof vir die vennootskappe wat hulle aangegaan het met verskeie instansies, die polisie, munisipaliteit, buurtwagte en verskeie veiligheidstrukture om Mosselbaai veilig te maak.
Leon van Dyk, voorsitter van die Mosselbaai GPF en Deidré Swanepoel het die sertifikaat ontvang. AfriForum het daarna die gaste trakteer met eet- en drinkgoed.
Waarnemende uitvoerende burgemeeste, raadsheer Dirk Kotze (regs) en munisipale bestuurder adv Thys Giliomee ontvang hier die sertifikaat van Thys Neethling (AfriForum) en Louis Cook (voorsitter AfriForum Mosselbaai).
Van die gaste tydens die geselligheid by die Koswerf Restaurant.
Leon van Dyk (voorsitter Mosselbaai GPF), Deidrè Swanepoel, Kobus Neethling en Louis Cook tydens die oorhandiging van sertifikate.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'