Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Group Editors se toppresteerders van die jaar is Vrydagaand, 22 November by die Wildernis Hotel aangewys.
Die maatskappy besit die Oudtshoorn Courant, George Herald, Mossel Bay Advertiser, Knysna Plett Herald, Graaff Reinet Advertiser, Suid-Kaap Forum en Mossel Bay Home Ads.
Tydens die geleentheid, het die Mossel Bay Advertiser 'n hele paar pryse ingepalm.
Die koerant was onderskeidelik tweede en derde in die kategorie beste voorblad, met Suid-Kaap Forum wat hier met die louere weggeloop het.
Vier van die koerant se bemarkingspersoneel het topposisies behaal en het die volgende toekennings ontvang: Susan Graaff en Annatjie Marx (best classified branch growth), Michelle Reyneke (best multimedia campaign sold) en Elaine Landsberg (highest revenue sold on feature / supplement).
Cornelle Carstens was tweede in die kategorie vir beste weeklikse rubriek of blog, met Hannes Visser, redakteur van Oudtshoorn Courant wat vanjaar hierdie titel ingepalm het.
Susan Graaff, Annatjie Marx, Elaine Landsberg en Michelle Reyneke met hulle toekennings vir goeie verkope. Foto: Cornelle Carstens
Hierdie twee voorblaaie het die beoodelaars se aandag getrek:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'