MOSSEL BAY NEWS - Die Mosselbaai-munisipaliteit het vandag, 16 April nuwe ablusiegeriewe in Titusstraat, D’Almeida oorhandig.
Die projek is in samewerking met die provinsiale regering aangepak en daarop gerig om bejaardes en persone met gestremdhede se leefomstandighede te verlig deur ablusiegeriewe meer toeganklik te maak.
Tans word 50 nuwe ablusiegeriewe gebou. Die uiteindelik oogmerk is om 250 soortgelyke fasiliteite binne die volgende 12 maande te voltooi. Die nuwe ablusiegeriewe is deel van huise, waar buitegeriewe voorheen voorsien is.
Uitvoerende burgemeester van Mosselbaai, raadsheer Harry Levendal het die loodsing van die projek en amptelike oorhandiging aan ‘n bejaarde vrou
in Titusstraat bygewoon. Levendal het hom sedert 2006 beywer vir sodanige projek om ongelykhede van die verlede en inwoners van Mosselbaai se waardigheid te herstel.
“Hierdie geriewe is nie ‘n luukse nie. Dis ‘n noodsaaklikheid.”
Wes-Kaapse minister van menslike nedesettings, Tertius Simmers, asook die burgemeester van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit, raadslid Memory Booysen het die geleentheid bygewoon.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'