TUINROETE | KAROO NUUS - Die munisipaliteit het na afloop van gerugte dat daar ‘n aardbewing by die Kango-grotte was ‘n dringende verklaring uitgereik om inwoners in te lig dat die gerugte vals is.
Volgens Hannes Visser, woordvoerder van die burgemeester se kantoor, verwys die stemboodskap na ‘n noodoefening.
“Daar was geen aardbewing by die grotte nie, daar is geen mense vasgekeer nie. Die boodskap was deel van die oefening wat deur 'n lid van die span aan die groep gestuur is. Dit is nie duidelik hoe die boodskap buite die groep by die publiek beland het nie."
"Moet asseblief nie die boodskap aanstuur nie.”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’