MOSSELBAAI NUUS - Verlede week was Mary Truter se 85ste verjaardag, en die Mossel Bay Advertiser wens haar geluk. Haar man Johnny, is 'n paar jaar gelede oorlede.
Hulle het sewe kinders (twee dogters en vyf seuns), 16 kleinkinders en 13 agterkleinkinders. Mary was vir jare by die Anglikaanse Kerk se vrouevereniging betrokke en het gemeenskapswerk gedoen.
Sy het opgetree as 'n sanger en het nog op 80-jarige ouderdom die kerkkoor afgerig. Mary geniet dit om radio te luister en is steeds 'n ingeskrewe lid van Radio EdenFM.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'