MOSSELBAAI NUUS - "Ons sien julle raak. Dit was julle wat oor baie jare hard gewerk het vir kerksale en vir orrels en op basaars tee geskink het."
Só is die 80 Plussers by die NG-moedergemeente in Mosselbaai verwelkom op 'n spesiale tee net vir hulle en hul lewensmaats.
Die tee het op 27 Februarie in die Klipkerk plaasgevind en die seniors is vermaak deur 'n "wilde niggie van die Vrystaat", Magdel Myburgh oftewel plaaslike joernalis Cornelle Carstens, wat aan FAK-liedjies 'n nuwe betekenis gegee het.
Die lyndansers van Brandwag het gewys hoe die passies gedoen moet word en daar was heerlike verversings, lekker gesels en gelukstrekkings. Die oudste lidmaat teenwoordig was 92 jaar oud.
Van die 80 Plussers tydens hulle bederf deur die NG-moedergemeente.
Daar is heerlik saamgekuier tydens die tee vir die 80 Plussers.
Die lyndansers van Brandwag in aksie.
Heerlike eetgoed is aan die 80 Plussers voorgesit.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'