DANABAAI NUUSFLITS - 'n Danabaai-inwoner (76) is vanoggend omstreeks 06:30 deur twee onbekende mans aangerand toe sy vullissakke buite haar huis geplaas het.
Toe die vrou haar rug draai om weer haar huis in Angelicastraat in te gaan, het die twee mans haar oorval en in die motorhuis ingedwing. Daar het hulle die vrou vasgebind en erg aangerand.
Die mans het ontvlug met onder meer 'n selfoon, skootrekenaar en kontant. Die vrou kon om omstreeks 07:00 daarin slaag om haarself te bevry en het by haar bure om hulp aangeklop. Die bure het die polisie ontbied.
Tans soek onder meer die polisie se K9 Langeberg honde-eenheid na die twee verdagtes. Die polisie ondersoek 'n saak van huisroof.
Enige persoon wat met inligting behulpsaam kan wees, word versoek om die KwaNonqaba-polisie (044 606 5600) te kontak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'