Update
WITSAND NUUS - Pieter Geldenhuys (74), meer bekend as Mister Patty is Sondagmiddag, 16 Januarie op die strand dood verklaar na hy in die moeilikheid geraak het toe hy gaan swem het.
Geldenhuys was saam met sy kleinseun, Conran Moos vir die dag na Witsand toe die tragedie teen ongeveer 12:00 gebeur het.
Volgens 'n familielid het 'n hengelaar sy hand bo die water digby die Anchorage-restuarant sien uitsteek en alarm gemaak.
Geldenhuys se suster, Jennifer Hendricks vertel hartseer dat Conran, wat op die strand was, hom na haar broer gehaas het toe hy sien dat sy oupa in die moeilikheid was. Hy het sy oupa strand toe gehelp, waar hy deur 'n plaaslike dokter behandel was maar dit was te laat.
Die oorsaak van dood sal deur 'n nadoodse ondersoek bepaal word.
Geldenhuys was 'n opvoeder wat sy laaste werksjare by Kairos Senior Sekondêre Skool deurgebring het voor sy uittrede. Hy was ook 'n vervoerkontrakteur. Sy eggenoot, Lorna, het hom verlede jaar ontval.
Hy laat 'n dogter, drie seuns, 11 kleinkinders, een agterkleinkind en drie susters agter. Die begrafnisdiens vind Saterdagoggend, 22 Januarie vanaf die huis in Kloofstraat om 10:00 plaas.
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'