'n Munisipaliteit kan een van vyf oudit-opinies, van baie goed tot baie sleg, van die Ouditeur-Generaal kry, naamlik 'n ongekwalifiseerde oudit sonder enige ander sake ('n skoon oudit), 'n ongekwalifiseerde finansiële oudit met beklemtoonde sake, 'n gekwalifiseerde oudit (opinie kan nie gegee word oor die finansiële state in hul geheel nie weens onreëlmatighede of onakkuraathede), 'n afwysing ('n opinie kan nie gegee word nie oor die finansiële state in hul geheel nie omdat die state nie voldoende voltooi is nie), en 'n negatiewe opinie omdat die finansiële state nie 'n korrekte weerspieëling is van hoe die munisipaliteit sy finansies bestuur het nie).