MOSSELBAAI NUUS - Carina (Kaatjie) Struthers het einde Januarie na 'n indrukwekkende 42 jaar as verpleegster in Mosselbaai afgetree.
Sy het haar loopbaan op 1 Januarie 1977 begin en dit op 31 Januarie vanjaar beëindig.
Carina het by die provinsiale hospitaal begin werk en was 33 jaar daar werksaam. Sy het ook by plaaslike klinieke diens gedoen.
Carina was stafverpleegster by die Alma-kliniek ten tye van haar aftrede.
Carina glo egter dat sy altyd op een of ander manier sal aanhou werk.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'