MOSSELBAAI NUUS - Lede van die KwaNonqaba-polisie is ongeveer 03:00 op Sondag 23 Augustus na ‘n woning in Sitelestraat ontbied. Die woning is in die informele woongebied.
By aankoms het hulle die lyk van ‘n 31-jarige vrou gevind. Die polisie het die 31-jarige kêrel van die vrou ook in die huis gevind.
Volgens die polisie het daar ‘n struweling tussen die twee ontstaan waarna die man na bewering die vrou verwurg het.
Die verdagte is op die toneel gearresteer en verskyn binnekort in die landdroshof op Mosselbaai.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'