MOSSELBAAI NUUS - Die Dias Museum was Saterdagmiddag stampvol met gaste wat die spesiale verjaardagvieringe wou meemaak.
Daar is na toesprake geluister en 'n pragtige musiekprogram het gevolg wat vertolk is deur McCoy Marubata, Petronel Baard en Precious Nkrumah.
Die Portugese dansgroep het die eregaste nader getrek en daar is heerlik saamgedans alvorens die pragtige 30ste verjaardagkoek gesny en uitgedeel is.
Minister Anroux Marais en Batholomeu Dias 2019 (Ian Perryman) sny die reuse koek terwyl raadsheer Harry Levendal toekyk.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'