MOSSELBAAI NUUS - Drie ongelukke het verlede week binne 'n tydperk van 48 uur in die Groot-Brakrivier omgewing plaasgevind.
Die eerste voorval was op Vrydag, 4 Augustus, op die N2 naby Klein-Brakrivier toe 'n vragmotor in die vroeë oggendure geknipmes het. Niemand is tydens dié voorval beseer nie.
Die volgende dag op Saterdag, 5 Augustus, is beide bane van die N2 in die rigting van George naby Klein-Brakrivier om ongeveer 13:00 gesluit, nadat twee voertuie teen mekaar gebots het. Twee mense is met beserings na 'n Mosselbaai hospitaal geneem.
Op Sondag, 6 Augustus, om ongeveer 17:30, was daar 'n botsing by die verkeersirkel in Groot-Brakrivier. Een van die voertuie betrokke het op sy dak beland.
Volgens inligting was drie persone in dié voertuie ten tye van die ongeluk. Die oorsaak is nog nie bekend nie.
Groot-Brakrivier-polisie ondersoek drie sake van roekelose en nalatige bestuur.
Beide bane van die N2 naby Klein-Brakrivier was vir 'n geruime tyd gesluit.
Die toneel op die N2 waar 'n vragmotor geknipmes het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’