Volgens polisiewoordvoerder, sersant Chantel Marais is 2 van die verdagtes Mosambiekse burgers, terwyl een verdagte 'n Suid-Afrikaner is.
Die mans, in hul laat 30's, is op die N2 naby Hartenbos vasgetrek. Nadat polisiebeamptes die mans deursoek het, is gesteelde goedere ter waarde van R60 000 in hul besit gevind. Die goedere wat teruggevind is, sluit onder meer 'n Apple iPhone, selfone, kontant en skootrekenaars in.