MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai spog deesdae met twee verteenwoordigers in die Demokratiese Alliansie se Federale raad.
Die jongste toevoeging is Lodewyk Coetzee wat as nie-publieke verteenwoordiger deur die Oosstreek tot die besluitnemende liggaam van die party verkies is.
Beide Coetzee en Unathi Mabulu het die afgelope naweek die ander kandidate uitgestof en sal voortaan verseker dat die belange van die gemeenskap en sakesektor wat deur hulle verteenwoordig word, direkte tot op die DA se federale vlak aangespreek kan word.
Saam met Mosselbaai se onderburgemeester, raadslid Dirk Kotzé, beteken Coetzee se verkiesing Mosselbaai twee verteenwoordigers op die topvlak van die party het.
Unathi Mabulu van Theewaterskloof is saam met Coetzee tot die posisie verkies.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'