MOSSELBAAI NUUS - Die Groot-Brakrivier-polisie ondersoek 'n saak van huisbraak- en-diefstal nadat 'n 28-jarige verdagte onlangs by 'n huis in Glentana vasgetrek is.
Volgens die polisie het die verdagte by die huis ingebreek en verskeie items gesteel.
Die gesteelde eiendom is in die verdagte se besit gevind en hy is op die toneel in hegtenis geneem.
Suiderkruis sekuriteitsbeampte Wernich Calitz en konst Kabelo Ntopo het die arrestasie uitgevoer.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'