MOSSELBAAI NUUS - Die 17de Tuinroete Whale Rally het voorverlede week tussen 16 en 18 Junie by die Gouritsrivier karavaanpark plaasgevind.
Verskeie motorfietsklubs neem aan dié gewilde samekoms ("rally in leketaal") deel om geld in te samel vir van kleuterskole, weeshuise, ouetehuise en persone in nood.
Sowat 'n duisend mense het die byeenkoms bygewoon.
Stalletjies was volop en niemand het gekla oor die swak bywoning nie.
Brummer Marais en Jolanda Meier van die Guns & Roses George-motorfietsklub, is by dié rally aangewys as mnr en mej Whale Rally 2023.
Die R30 000 pryswenner was André du Pont van Mosselbaai.
Volgens Bettie Moolman, tesourier van die Whale Rally en een van die organiseerders, was dit 'n baie groot sukses.
Hulle gaan met die volgende vergadering besluit aan wie die opbrengste van die byeenkoms geskenk sal word.
Moolman sê die moontlikheid bestaan dat hulle volgende jaar die samekoms by die Bartelsfontein plaas agter PetroSA sal hou.
Besoek gerus die webblad vir meer inligting en foto's: www.gardenroutewhalerally.co.za
Brummer Marais en Jolanda 'Jollie' Meier van die Guns & Roses George-motorfietsklub is aangewys as die 2023 mnr en mej Whale Rally. Foto: Pierre du Preez
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’