Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Skole in die groter Mosselbaai het vandag hulle leerders terugverwelkom vir die nuwe skooljaar. Soos gewoonlik, was die nuwe leerders in graad R en graad 1 vol glimlaggies, terwyl ‘n beskermende ouer nog hier en daar ‘n drukkie gesteel of ewe trots vir ‘n foto geposeer het.
Die Mossel Bay Advertiser het verskeie skole besoek op Woensdag, 19 Januarie om die oulike gesiggies te sien.
Stuur gerus jou foto’s van die eerste skooldag vandag, 19 Januarie tot 18:00 na mba@groupeditors.co.za – vir insluiting in ‘n aanlyn-fotogalery op www.mosselbayadvertiser.
Video: Nuwe skooljaar begin
Vryskutjoernalis vir die Advertiser, Elaine van der Toorn het vandag in Groot-Brakrivier by Laerskool Vorentoe en Groot Brak Primêr gaan foto’s en video neem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'