GROOT-BRAKRIVIER NUUS - ‘n 19-jarige man, wat volgens inligting matriek in 2017 aan die Groot-Brakrivier Sekondêre Skool voltooi het, sal voor die hof verskyn vir ‘n moord wat op die vooraand van die uitreiking van die 2017-matriekuitslae plaasgevind het.
Volgens inligting ontvang van die Da Gamaskop-polisie, het die verdagte en ‘n ander 19-jarige man, Luciano Gelderbloem, voorheen ‘n graad 11-leerder aan Hillcrest Sekondêre Skool, glo op 3 Januarie handgemeen geraak.
Op 4 Januarie het die twee mans mekaar in Cobstraat, Uitbreiding 13 raakgeloop waarna die verdagte Gelderbloem na bewering ‘n meswond aan die bors toegedien het.
Gelderbloem het aan die meswond beswyk, waarna die verdagte in hegtenis geneem is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'