MOSSELBAAI NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier het op 23 Augustus 'n 52-jarige vrou in hegtenis geneem nadat haar woning op Friemersheim deursoek is en die polisie beslag gelê het op 200 liter drank.
Polisiewoordvoerder, sers Chantel Marais sê die polisie het 'n visenterings lasbrief vir die ondersoek bekom.
'n Saak van handel in drank word ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'