MOSSELBAAI NUUS - Twee persone is op Heidelberg in die Wes-Kaap met beide Mandrax en tik in hul besit betrap.
'n Mosselbaaise vrou in haar vroeë twintigerjare en 'n buitelandse burger van Nigerië is omstreeks 01:35 op Donderdag, 5 April in hegtenis geneem vir die besit van onwettige dwelms nadat die minibustaxi waarin hulle gery het, voorgekeur en ondersoek is.
Die bevelvoerende offisier van die Heidelberg-polisie, kol Jeremy Luwak sê die man en vrou is in besit betrap van sowat 2 000 eenhede Mandrax en tik.
Beide verdagtes was in aanhouding en het op 10 April 'n formele borgtogaansoek in die landdroshof op Heidelberg gebring.
Kolonel Luwak bedank die gemeenskap vir die waardevolle inligting wat tot die inhegtenisname gelei het.
Enige persoon met inligting oor die voorval is welkom om die ondersoekbeampte, sers Pieter de Lange (028 722 1910) te kontak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'