MOSSELBAAI NUUS - 'n Tweejarige meisie het gister byna by 'n waterpark op Mosselbaai verdrink.
Woorvoerder Werner Vermaak van ER24 sê die kleuter het Woensdagmiddag by ’n waterpark in ’n swembad geswem toe iemand gesien het sy reageer nie meer op die mense naby haar nie.
"Paramedici is na die waterpark ontbied en ’n plaaslike menseredder het na haar omgesien tot paramedici van ER24 opdaag."
Die meisie is by gebring en na 'n hospitaal afgevoer vir verdere mediese sorg.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'