Update
GROOT BRAKRIVIER NUUS - 'n Agtienjarige man van Friemersheim het op Dinsdag 26 Maart in die landdroshof op Groot-Brakrivier verskyn op 'n aanklag van moord. Volgens polisiewoordvoerder, sers Laurianne Botha was die verdagte op Saterdagaand, 23 Maart om ongeveer 23:00 met die 33-jarige Martin Meyer in 'n stryery betrokke.
Die voorval het op Friemersheim in Hoofstraat gebeur. Volgens ooggetuies was Meyer en 'n vriend van hom, wat op 'n motorfiets op die toneel was, met die verdagte in 'n woordewisseling betrokke.
"Dit blyk dat die verdagte aangerand is waarna hy homself met 'n mes verdedig het en Meyer doodgesteek het." Die voorval word ondersoek.
Die verdagte is in die sorg van sy ma vrygelaat omdat hy 'n minderjarige is en moet weer op Dinsdag, 2 April in die hof verskyn.
Lees 'n vorige artikel hier: 18-jarige in hof vir moord
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'