Update
MOSSELBAAI NUUS - Die oorsaak en omstandighede van 'n brand wat op Saterdag, 1 April, by 'n woning in 16de Laan uitgebreek het, word nog deur die polisie se brandspan ondersoek.
Volgens die Mosselbaai-polisiewoordvoerder, ao Pieter Koekemoer, het die brand om ongeveer 17:00 in die vermaaklikheidsarea van die huis ontstaan.
"Die hele vertrek is in die voorval vernietig. Nadat die brand geblus is, is die liggaam van die 55-jarige Glynis Burisch op die toneel ontdek." Volgens Koekemoer was Burisch se ma in 'n ander vertrek in die woning en haar dogter in 'n woonstel wat grens aan die huis.
Die oorsaak van Burisch se dood was nie met die druktyd bekend nie.
Mosselbaai-polisie het 'n geregtelike ondersoek dossier geopen.
Die familie van die oorledene het gevra dat hulle privaatheid gerespekteer word.
Vorige artikel: Liggaam ontdek ná huis afbrand
Digte rookwolke was duidelik sigbaar kort nadat 'n brand in 'n huis in 16de Laan se vermaaklikheids-area ontstaan het. Foto: Dexter Brinkhuis
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’