Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Verskeie aktiviste-, belangegroepe en kinders van plaaslike kleuterskole het vandag, Donderdag, 8 Desember, aan 'n optog in Sonskynvallei deelgeneem as deel van die nasionale 16-dae aktivisme-veldtog teen geweld teen vroue en kinders.
Dit volg na die inhegtenisname sowat 'n maand gelede, van 'n 51-jarige man, wat in Sonskynvallei woon en werk en daarvan aangekla word dat hy ten minste drie agt-jarige meisies na bewering seksueel aangerand het.
Die ACVV Mosselbaai het die optog gereël om die gemeenskap te inspireer en bewus te maak dat kindermishandeling nooit mag plaasvind nie.
Daneel Jantjies, hulp-maatskaplike werker wat in die gemeenskap self werk: "Ons mag nie stilbly nie. Mense moet weet dat hulle uit die donker kan kom. Ons is hier om te help."
Volgens Jacky Pedro van Concerned Woman of Mossel Bay, sal 'n kind se gedrag wys of daar fout is. "Luister na 'n kind wat vir jou iets wil vertel. Moet dit nie net afmaak nie. Hou jou oë en ore oop as jy vermoed iets is nie reg nie en meld dit aan by instansies soos die ACVV."
VIDEO: Optog by Sonskynvallei, naby Hartenbos
FOTOGALERY: 16-dae aktivisme-veldtog
Kinders van die Sonskynvallei-gemeenskap wys dat hulle 'n stem het met hul deelname aan die 16-dae teen geweld teen vroue aktivisme-veldtog.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'