MOSSELBAAI NUUSFLITS - Sestien mense insluitend ‘n kind is vanoggend beseer toe ‘n taxi en ‘n bus by die Vleesbaai- en Gouritsmondkruising gebots het.
Die voorval het om 02:30 gebeur.
Die KwaNonqaba polisiewoordvoerder, sers Kappie Kapp sê die taxi het na bewering vanaf die N2 in die rigting van die Buffelsfonteinpad afgeswaai.
Volgens ooggetuies het die taxi voor die Intercape bus ingedraai.
“Al die insittendes in die taxi is beseer en na die Mosselbaai Provinsiale Hospitaal afgevoer,” sê sers Kapp.
Geen passasiers of die bestuurder van die bus is beseer nie.
Die beserings wissel van lig tot ernstig.
Die polisie ondersoek ‘n saak van roekelose en nalatige bestuur.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'