MOSSELBAAI NUUS - Die Evangelies Lutherse Kerk in Mosselbaai vier hierdie jaar haar 140ste feesjaar onder die tema, 140th Lutheran Witness Celebration.
Die feesweek vind tot 6 Oktober plaas. Dit het Maandag, 30 September begin.
Die program is soos volg:
Vandag, Dinsdag 1 Oktober:
Gebedsustersvereniging vir die "ruggraat van die gemeente"
Woensdag, 2 Oktober:
Gesins- en familieherinneringe van Lutheranisme in Mosselbaai
Donderdag, 3 Oktober:
Erfenispartytjie vir kinders en skyfievertoning
Vrydag, 4 Oktober:
Braai en speletjiesmiddag en -aand
Saterdag, 5 Oktober:
Basaar en musiekfees gedurende die dag en 'n musiekfees word die aand om 18:30 in die saal van Hoërskool Sao Bras aangebied
Sondag, 6 Oktober:
Lof- en aanbiddingsdiens met Biskop A Manong
Gedurende die musiekfees op 5 Oktober sal die volgende kore optree: Lutherse Kerkkoor uit Belville, waarvan oud-gemeentelid Dennis Malgas 'n lid is; Siamo Musica (Hartenbos); Hoërskool Sao Bras-skoolkoor; Mosselbaai Ekumeniese Koor; Oudtshoorn-blaasorkes; Maria Kringkoor onder leiding van Annette Strydom.
Die kore sal tesame 'n massakoor vorm wat 'n uittreksel uit die Hallelujah-koor van Händel sal sing.
Vir verdere inligting, kontak die kerkkantoor (044 690 3568).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'