MOSSELBAAI NUUS - ‘n 14-jarige meisie van Hartenbos, Kiara Nel is sedert vanoggend deur haar familie as vermis aangemeld.
Volgens ‘n familielid, Michelle Smith, is Kiara laas gesien toe sy by die Zettie Jonker Hulpsentrum op Hartenbos vir ‘n onderwyser gevra het of sy badkamer toe kan gaan. Sy het egter nie weer na die klaskamer teruggekeer nie.
Kiara het ‘n swart en wit langbroek aan, swart skoene, ‘n grys/swart baadjie en ‘n blouhemp. Sy het ligte bruinhare en is ongeveer 1.5m lank.
Enigeen met inligting word versoek om Marryanne Marais te kontak by 073 349 4764.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'