MOSSELBAAI NUUS - Elf mense het gister in die Mosselbaai Landdroshof verskyn op aanklagte van openbare geweld.
Die verdagtes het Woensdag in Sampsonstraat, Da Gamaskop bymekaar gekom om hul ontevredenheid te laat blyk oor die verspreiding van kospakkies.
Polisiewoordvoerder, kapt Malcolm Pojie sê dieselfde groep het Woensdagaand in Mayixhalestraat op KwaNonqaba bymekaar gekom.
“Hulle het in die gemeenskap ingevaar en gepoog om spazawinkels te plunder.”
Pojie sê die polisie hou die gebied steeds dop.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'