MOSSELBAAI NUUS - Ian Louw, 'n inwoner van Bardolino Leefstyloord in Mosselbaai, het op 5 November 100 jaar oud geword.
Louw het in Paterson in die Oos-Kaap grootgeword. Na skool het hy in King Williams Town as klerk begin werk en in 1949 het hy as 'n geoktrooieerde rekenmeester gekwalifiseer. Uit sy huwelik met Valerie is drie kinders gebore.
Louw was 'n kranige jagter in sy jong dae en het nasionale kleure in Bisley-skyfskiet verwerf.
Volgens hom was hy die eerste eienaar van 'n blink nuwe Mercedes Benz in King Williams Town en ook die oudste eienaar en bestuurder van 'n Mercedes in Suid-Afrika.
Daarmee saam is hy ook die oudste praktiserende geoktrooieerde rekenmeester in die land.
Hy het tot einde September vanjaar nog voltyds gewerk waarna hy nog steeds deeltyds by Bardolino werk.
Sy twee dogters en een kleinkind bly in Bayview en besoek hom gereeld.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'