TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
’n saak tol
(streektaal) (Suidwestelike Afr. →Kaaps)
Idiomatiese uitdrukking
Skuldig pleit op ’n aanklag: “So jy’t rêrig niks vir Jessica Leigh gedoen nie?” vra ek weer … “Sê weer vir jou … ek het nie die ding gedoen nie. Die saak tol ek Maandag in die hof. Dis pleit en verhoor” (B. Fredericks: Cape Flats, 2020, 40). Hulle straf ons almal ’n jaar tronkstraf en drie jaar buitestraf, toe weier ek. Ons het daardie saak nog verder afbaklei, dit word vyf jaar buitestraf … Die anderdagmôre was ek in Ombirizo, Andries Meyer se plek. Daardie saak het ek getol ... Die koerante het uitgewys ek het die hangpaal gekry, maar nee, ek was los (P. v. Rooyen: Spoorsnyer, 1994, 65).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’