MOSSELBAAI NUUS - ‘n Algemene probleem wat vandag tydens die plaaslike verkiesings op Mosselbaai voorkom, is dat almal wat tydens die registrasie-naweek geregistreer het, nie noodwendig op die kiesersrol is nie.
Op Danabaai was die Mossel Bay Advertiser teenwoordig toe daar aan drie jong kiesers wat vir die eerste keer hulle kruisies wou trek, gesê is dat hulle nie op die kiesersrol is nie.
Die kiesers het aan die Advertiser gesê hulle het onlangs by die Danabaai-gemeenskapsaal geregistreer.
Volgens ‘n beampte van die Verkiesingskommissie (OVK) was daar ‘n probleem met die elektroniese skandeerders omdat dit glo sedert die registrasieproses opgegradeer is.
Die kiesers kon toe stem nadat hulle identiteitsboekies nagegaan is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'