Breaking News
MOSSELBAAI NUUS - Verskeie kiesers het vanoggend op sosiale media inwoners op Mosselbaai gewaarsku om by stemlokale aan te dring op drie stembriewe.
Kiesers beweer daar was glo voorvalle waar hulle nie al drie stembriewe ontvang het nie.
Volgens 'n inwoner was daar 'n voorval waar 'n kieser net 'n nasionale stembrief ontvang het.
Nog 'n inwoner skryf op Facebook: "Mense kom by die stemlokaal, dan word daar gesê hulle mag slegs nasionaal stem."
Daar is vandag drie stembriewe:
‘n Nasionale stembrief vir setels in die Nasionale Vergadering (NV) wat slegs bestaan uit politieke partye. Daar is 52 politieke partye op die stembrief.
‘n Streekstembrief vir setels in die NV wat bestaan uit sowel politieke partye as onafhanklike kandidate.
‘n Provinsiale stembrief wat bestaan uit sowel politieke partye as onafhanklike kandidate vir setels in die wetgewer in die toepaslike provinsie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’