MOSSELBAAI NUUS - By Erika Primêre Skool, het kandidate vanoggend met die opening van die stembusse in ‘n besonder gemoedelike luim verkeer.
JJ Bavuma, Charlton Hendriks en Jonathan Gelderbloem van onderskeidelik die DA, ANC en Icosa was, ten spyte daarvan dat elke party alles in die stryd werp om Wyk 13 te wen, in ‘n goeie gees byeen toe vryskutfotograaf vir die Mossel Bay Advertiser, Sharlton Groenewald die stembus besoek het.
Groenewald se seun, Anniel is een van talle jong kiesers wat gedurende die plaaslike verkiesing vir die eerste keer hulle kruisie sal trek.
In Mei vanjaar was daar volgens die OVK se statistiek, 3 940 geregistreerde kiesers tussen 18 en 19 jaar oud. Op 26 September, volgens die OVK se amptelike kieserslys was die getal 22 114.
Anniel Groenewald stem vir die eerste keer.
Winston Seconds
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'