Breaking News
HARTENBOS NUUS - 'n Inwoner van die Hartenbos Versorgingsoord, Nellie Polley (102) het gister haar kruisie tydens die eerste twee dae van spesiale stemmery op Hartenbos getrek.
Meer as 600 000 kiesers het aansoek gedoen om vir spesiale stemme goedkeuring te kry. Opgeleide verkiesingsbeamptes besoek hierdie mense by hulle wonings of blyplekke waar hulle ingeperk is, sodat hulle kan stem.
Nellie se dogter, Thelma Smit woon op Danabaai. Sy sê haar ma was vir jare by die Danabaai-gemeenskap betrokke.
"Sy is nog vol lewenslus, op-en-wakker en op hoogte van nuus en gebeure. Sy het die stemmery baie geniet en die dag het met heelwat humor en geselsies gepaard gegaan," sê Thelma.
Nellie is gewis 'n voorbeeld vir Mosselbaaiers met haar positiewe lewensuitkyk wat haar genoop het om haar kruisie te gaan trek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’