Video
MOSSELBAAI VERKIESINGSNUUS EN VIDEO - 'n Groep Icosa-lede betoog op Vryheidsdag vir groter duidelikheid oor behuisingskwessies. Ondersteuners het van Aslapark en JCC opgeruk na grond wat alombekens is as Hopeville.
Volgens Icosa se provinsiale leier, raadslid Dawid Kamfer, wil die Icosa-lede binne sewe dae terugvoer oor n aantal behuisingskwessies hê.
Vrae is ook gevra oor die toepassing van kredietbeheermaatreëls deur n onafhanklike kontrakteur.
Optoggangers het vreedsaam beweeg onder die waaksame begeleiding van munisipale wetstoepassers en lede van die polisie se openbare orde-eenheid.
Kyk 'n video hieronder:
n Groep Icosa-lede betoog op Vryheidsdag vir groter duidelikheid oor behuisingskwessies.
Optoggangers het vreedsaam beweeg onder die waaksame begeleiding van munisipale wetstoepassers en lede van die polisie.
Die groep betogers vergader.
Lede van die polisie se openbare orde-eenheid. Foto's: Julian Scholtz
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'