Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Mossel Bay Advertiser-joernalis, Cornelle Carstens, haar ouers, de Waal en Joan Carstens (beide 75) en haar ouma, Colley Saayman (95) het vandag geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer by dieselfde stemlokaal hulle kruisies te trek.
Ouma Colley het nog nooit ‘n verkiesing gemis sedert sy in die 1940’s stemgeregtig geword het nie.
By verskeie stemlokale in Mosselbaai het oues van dae, tot in hulle laat 90's, opgedaag om met trots hulle kruisies te trek.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'