Breaking News
KWANONQABA NUUS - Die King World Cellular & Electronics winkel in KwaNonqaba by Highway Park in Mooneystraat is vanoggend om 11:30 beroof.
KwaNonqaba polisiewoordvoerder, sers Kappie Kapp, sê ‘n voorlopige ondersoek dui daarop dat twee mans in die winkel gegaan het en die 47-jarige bestuurder met ‘n vuurwapen gedreig het.
Die verdagtes het na bewering die winkel se deure gesluit en selfone, ‘n onbekende bedrag kontant en ander elektroniese items gesteel, voordat hulle gevlug het.
Niemand is tydens die voorval beseer nie.
Die KwaNonqaba-polisiestasie ondersoek ‘n saak van besigheidsroof.
Enigeen met inligting word versoek om die ondersoekbeampte in die saak, ao Vusi Ndala, te kontak by 044 606 5629.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’