Update
MOSSELBAAI NUUS - Die peetpa van 'n 13-jarige kind, wat na bewering vir etlike weke deur hom seksueel misbruik is, het Maandag, 25 Maart, sy borgaansoek in die Heidelberg-landdroshof laat vaar.
Die 29-jarige verdagte is twee weke gelede in hegtenis geneem deur polisiebeamptes van die Mosselbaai se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe.
Hy het saam met die slagoffer in 'n woning op Heidelberg gebly.
'n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die seun 'n brief vir sy tannie geskryf het waarin hy haar om hulp gevra het.
Die verdagte het ná bewering die seun verkrag en ook met verskeie voorwerpe aangerand.
Die kind is in 'n plek van veiligheid geplaas.
Die verdagte bly in aanhouding en sal weer op 7 Mei in die hof verskyn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’