MOSSELBAAI NUUS - 'n Vyftigjarige man sal eersdaags in die Groot-Brakrivier-landdroshof verskyn nadat meer as 700 mandrax-tablette in sy besit gevind is.
Polisiebeamptes van die Groot-Brakrivier-polisiestasie het die verdagte se voertuig die afgelope week, op Dinsdag 19 Maart van die pad af getrek en die voertuig deursoek.
Die mandrax-tablette.
Die mandrax-tablette is in sy besit gevind en hy is in hegtenis geneem op 'n aanklag van handel in dwelms.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’