MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai het die afgelope week op Maandag, 16 Augustus 1 238 aktiewe Covid-19-gevalle gehad.
Die dorp volg kort op George se hakke, wat op dieselfde dag 'n totaal van 1 896 aktiewe Covid-19-gevalle aangeteken het.
Tot op hede is 379 mense op Mosselbaai wat met die virus gediagnoseer is, oorlede.
'n Totaal van 13 365 mense het sedert die begin van die inperking die virus onderlede gehad. Meer as 11 748 inwoners het intussen van die virus herstel.
Die munisipaliteit doen 'n beroep op inwoners om aan alle Covid-19-protokol te voldoen.
Die munisipaliteit moedig inwoners aan om hul Covid-19-inentings te ontvang.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'