MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-hawe het Covid-19 maatreëls aangekondig wat op Maandag, 12 Julie in werking gestel is.
Die Transnet-haweowerheid sê in 'n verklaring dat dit volg in die lig van onlangse positiewe Covid-19-gevalle en die styging in die infeksiegetalle.
Ingevolge dié maatreëls is dit verpligtend vir alle bootkapteins om akkurate maritieme verklarings oor die gesondheid en welstand van bemanningslede en passasiers aan die owerhede bekend te maak.
Bootkapteins moet ook verklaar hoeveel bemanningslede hulle die laaste 30 dae by die boot aangesluit het en waar hulle oral aangegaan het.
Die bemanning van vaartuie van buite Suid-Afrikaanse hawens moet voor hulle die Mosselbaai-hawe binnekom, ook 'n Covid-19-toets laat doen
Niemand mag aan land kom nie, behalwe in noodgevalle waar daar dan eers toestemming van die hawemeester bekom moet word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'