Sponsored Content
SAKENUUS - WiW Tutorsentrum is baie trots en opgewonde oor die groot eer wat ons te beurt geval het om in die kategorie “Education, Lessons & Coaching: Best High School” genomineer te word.
By Woord in Waarheid Tutorsentrum bied ons aan elke leerder die geleentheid om die beste weergawe van hulself te word.
Ons volg die Impaq-tuisonderrigprogram en fasiliteer gr. 1- tot 12-klasse. Gr. 8 tot 12 is op ’n aparte perseel.
Ons streef daarna om gebalanseerde, selfstandige leerders aan die einde van gr. 12 die volwasse lewe in te stuur.
Die sentrum het in 2017 sy deure oopgemaak en die eienaars is dr. Jacques Potgieter en sy vrou, pastoor Elsabè. Op ons span van nege tutors is vyf gekwalifiseerde onderwysers.
Ons lê baie sterk klem daarop om Christelike waardes by ons leerders in te skerp.
Gemeenskapsbetrokkenheid word aangemoedig, en ons was reeds by Benevolent Park en Môreson Kinderhuis betrokke.
Vir pret hou ons temadae en boeresport.
Terugvoer vanaf ’n tevrede ouer: “WiW het my skaam, teruggetrokke gr. 9-seun oor sy paar jaar daar verander in ’n gr. 12-seun met selfvertroue en trots.”
Hier is elke dag ’n ope dag - kom loer gerus in by Parsonslaan 8, Voorbaai.
Stem hier vir WiW Tutorsentrum: https://www.bestofsouthafrica.co.za/mossel-bay/
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’